ITIS

ITIS se kenteken

ITIS (afkorting vir Integrated Taxonomic Information System) is 'n internasionale databasis wat poog om 'n konsekwente en betroubare taksonomie van alle biologiese spesies daar te stel. Dit word as 'n gesaghebbende bron van spesies diere, plante, fungi en mikrobes beskou.

ITIS is in 1996 as 'n vennootskap tussen die Amerikaanse ministerie van Ekonomiese Sake en die Smithsonian Instituut gestig. Sedertdien het dit tot 'n internasionale organisasie gegroei waaraan die Kanadese en Meksikaanse owerhede ook deelneem. Hulle fokus hoofsaaklik op die Noord-Amerikaanse spesies, maar probeer om die geografiese gebied waaroor hulle navorsing doen verder uit te brei.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy